Lefora Free Forum
Join now
Hier skryf ons Afrikaanse stories en gee kommentaar op mekaar se skryfwerk.
26 views

Publikasie van bundel kortverhale deur debuutskrywers

Page 1
posts 1–1 of 1
rookie - member
3 posts

Hieronder plaas ek 'n pos wat ek ook op LitNet geplaas het.

Om mee te begin wil ek my waardering uitspreek vir die belangstelling en wenke wat ons tot dusver ontvang het vir die projek om 'n bundel kortverhale te publiseer

Na aanleiding van kommentare, korrespondensie en gesprekke het plan B nou vorm aangeneem.

Die grondgedagte is om skrywers wat publiseerbare kortverhale geskryf het die geleentheid te bied om hul verhale in druk te sien. Dit is algemene kennis dat publikasiegeleenthede in Afrikaans uiters beperk is om verskeie redes.


Die plan sien soos volg daar uit.


  1. 'n Algemene uitnodiging sal aan debuutskrywers gerig word om kortverhale voor te lê dmv die blogs. Ander werwingsmetodes sal ook aangewend word om soveel moontlik skrywers te bereik. Alle voorleggings moet elektronies wees in Word formaat. Ander versoenbare formate sal oorweeg word.
  2. 'n Voorlopige keuring sal deur 'n paneel gedoen word om die kaf van die koring te skei.
  3. Dit word beoog om die geselekteerde verhale in groepe van vyftien in te deel. So 'n bundel sal dan na die vyftien deelnemende lede van die groep gestuur word om te lees en te keur. By ontvangs van die keuringsverslae sal die manuskripte, waar nodig, na die skrywer terug verwys word tesame met al die keuringsverslae om die nodige skaafwerk te doen.
  4. Na die verhale terug ontvang is sal dit in boekvorm geset word en kwotasies verkry word vir die druk van 150 kopieë plus wat benodig word vir die verpligte biblioteke. Die koste per boek sal dan bepaal word en sal elke deelnemende skrywer aangeslaan word vir die prys van tien boeke. Ons wil beklemtoon dat dit suiwer produksieuitgawes sal wees en dat ons geen wins inbou nie. Hierdie is 'n liefdesdiens en word geen vergoeding daarvoor gevra nie.
  5. By ontvangs van al die gelde sal die boek laat druk word. Daarna sal tien kopieë daarvan aan die deelnemende skrywers besorg word om daarmee na goeddunke te handel.


Op hierdie stadium word dit nie beoog om die boek professioneel te laat redigeer nie aangesien dit deel van die skaafproses sal uitmaak. Indien dit nodig blyk om wel van die dienste van 'n redigeerder gebruik te maak, sal ons huidige benadering heroorweeg word. Ons is van mening dat almal wat deel van die projek is die nodige integriteit en selftrots aan die dag sal lê om 'n sukses van die boek te maak en gevolglik sorg dra dat dit 'n professionele voorlegging sal wees. Vyftien paar kritiese oë sal ook met 'n fynkam deur die boek werk. Niemand sal graag swak werksmanskap saam met sy eie verhaal wil sien nie.


Dit, in breë trekke, is wat beoog word. Ons behou die reg voor om die prosedure aan te pas waar nodig om dit werkbaar te maak. Insette sal nog steeds verwelkom word aangesien ons daarop gesteld is om 'n hoë standaard te handhaaf.


So, gaan krap. Stof af. Redigeer weer. Meer as een inskrywing per skrywer is welkom. Lengte is voorlopig nie 'n kwessie nie. Gebruik soveel woorde as wat nodig is om die storie te vertel. Onthou net dit moet 'n kortverhaal wees.


Voorlopig asseblief net in Word formaat.

Inskrywings kan gestuur word aan Debuutskrywers, wdreed@telkomsa.net 

Vra asseblief 'n ‘read request’ om te verseker dat dit ons bereik het. Enige navrae moet asseblief per epos gerig word aangesien ons nie oor administratiewe dienste beskik om telefoniese navrae te hanteer nie.

Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now