Lefora Free Forum
Join now
Hier skryf ons Afrikaanse stories en gee kommentaar op mekaar se skryfwerk.
23 views

Siel seer gedigte

Page 1
posts 1–1 of 1
rookie - member
3 posts

Gestroop van eidel bloed

Min geag en somber beswyk

Hygend,koorsig en gewelddadig

Gesterf


Dit was ek...


Die stof skiet bose skimmels kruit

En in spelonke van haat

Word my siel onrustig


Die vrees was ongesien, ongehoord

Niksvermoedend was ek...

Nader aan die heuwels

Nader aan die beton

Nader aan die branders

Nader aan my dood

Ingetroon deur hom


Ek roep my stom kreet

En my geheue is verseel

Want prewelend

Hurk ek na die bebloede kosyn

Aaneen – aaneen

Aaneen die gekreun!


Ek draai in sirkels oor die nagvind

Oor die skemer...


In edel bloed is ek vervloek

Die noodlot weerklink

Die bitter hoon


Gedroogde siel

Vermorsel deur minnaars akkoorde

Die gestalte...rooibebloed in satyn


Dit was ek


__________________
Nora Trilling (c)
Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now