Lefora Free Forum
Join now
Hier skryf ons Afrikaanse stories en gee kommentaar op mekaar se skryfwerk.
32 views

hondjiediewe

Page 1
posts 1–1 of 1
novice - member
35 posts

Die aardbol is ‘n interessante plek om te wees en hoe ouer ek word hoe meer littekens kry ek om te bewys dat dit wel so is en dat my mede-aardbewoners elke dag vir beter drama sorg as Sewende Laan en al die ander sepies se skrywers droom van.



So gaan ek vir die eerste keer die dekade met verlof en weg van huis en haard en plaas en hondetelery en spreekkamer en kleinkinders en vriende en familie en kry toe onttrekkingssimptome net na die eerste vyfhonderd kilometer alleen agter die stuurwiel met net Steve se platinumtreffers en Theuns met sy diep-diep stem besig om wel te doen aan Koos Doep se songs.



Ek dink hierdie diep sielsopruimende gedagtes (gedagtes wat my siel moet  opruim, verstaan?) Ek wil net nie tot trane kom nie, nie eens toe ek Klein Douw (gaan die arme seun nou altyd so genoem word?) se Liani Mae se ‘Soen my nie meer nie’ per toeval raakvat net nadat ek die kamera by laat flikker het asof ‘n atoombom afgaan. Ek het ‘n u-draai gemaak en weer teen dieselfde spoed verbygejaag net omdat ek iemand se dag wou maak. Weer slaan die weerlig my net mis. Dis fun man, probeer dit teen skemer!  O, het ek genoem dat ek probeer treur oor my lewensmaat van veertien verspeelde jare. Jis, dit klink goed. Maar vir speel was daar ook nie eintlik tyd in daai verhouding nie. Hy het ook nie eintlik gespeel vir tyd nie, vier maande later en hy gaan trou.



Gaan my selfoon daar iewers in die aan die skreeu soos net ‘n selfoon as jy dit nog laas op loud  gesit het dat dit nou teen harde musiek kompeteer. Sê ‘n soet stemmetjie hier in my oor dat die dame my advertensie in die Volkblad gesien het. Verlede Vrydag s’n, sê sy, en het ek nog van daai miniatuur Toypoms. Ek is ver van die huis en ver van die Toypoms, maar ek het geld nodig vir hierdie vakansie en ek beduie dat my vriendin, Winny, die hondjies besorg waar die koper vra. En toe sê die dame ‘n ding wat geen hondekoper ooit sê nie. Wel, nog nooit vir my nie. ‘Ek sal sommer ‘n reun en tefie neem en nog R200 vir die aflewering betaal ook.’



Hondekopers sê: ‘Ek wil ‘n reun en tefie van verskillende bloedlyne hê. As ek nou altwee by jou koop, sal jy jou prys verlaag?’



My nekhare rys. ‘Ek sal net eers die geld in my bank wil hê, of jy kan die kontant vir my vriendin gee as sy die hondjies vir jou vat.’ Ha! Ek het ‘n ding geleer nadat daai sluwe sluiper van ‘n Kobus de Klerk  my ‘n Yorkshire na die lughawe laat neem het, vlugkoste laat betaal het omdat sy ou dogtertjie ‘sterf’. Die faks van die inbetaling van R3000 was toe eintlik ‘n inbetaling van R30 met ekstra nulle agterna aangebring. Die super sluiper is later deur Rapport vasgetrek. Hondjies op so ‘n manier verkry, is dan as sy eie telery s’n verkoop en die mense het nooit hulle registrasies gekry nie.



Hy moes later die hondjies afbetaal aan al die verneukte kopers en verkopers anders was sy blaker in die tjoekie.



‘Nee” sê die dame. Sy ken nie vir Winny nie en hoe sal sy weet ek kry wel my geld by Winny. Sy werk glo by C&F Motorspares en Winny moet die honde daarheen neem. Sy sal die geld in my rekening inbetaal.



‘Ja,’ seg ek, want dan kry ek dadelik ‘n sms van my bank dat die geld inbetaal is. Sy bly ‘n hele rukkie stil en stem toe maar in.



Daarna hoor ek niks van my bank of die voornemende koper nie. Die selfoon gaan sommer dadelik oor: ‘the number you have dailled is not available…..’  Ek bel vir Winny. Sy moenie die hondjies afgee nie. Hier is iets baie snaaks aan die gang.



Ek kuier nog rond in Robertson. Loop van een tweedehandse boekwinkel na die ander.


My selfoon lui en ek sien dat dit my suster is. Annamart huil so dat ek dink een van haar kinders is dood, maar ek hoor iets van steel en ek weet dat niemand daai kabouters sal steel nie. As iemand so dom was, moet my sus net ontspan, hulle sal hulle gou weer voor die deur aflaai. ‘Jessica ook! En haar sussies.’ Snik-snik



‘Jessica?’ Ek is dronkgeslaan. Moet ek nou ‘n Jessica ken?



‘Jessica, man. Soos in JESSICA!!!’ skree-sing-snik my suster die nuutste Afrikaanse treffer in my oor uit..



Na etlike nat en droë snikke maak ek darem uit dat haar twee Yorkshire Terriërtefies wat sy geadverteer het en Jessica wat sy vir haarself wou hou, gesteel is.



‘Ek gaan nou ‘n nommer opsoek en dan vir jou sms. Kyk of dit dieselfde nommer is wat op jou advertensie reageer het.’



Sy bel dadelik terug. Dit is dieselfde nommer.



Jy steel nie ons familie se diere nie! Net hier begin ons terugspeur op die verloop van die beplande diefstal van geadverteerde hondjies. Ek onthou gelukkig die naam wat die vrou haarself genoem het. Die Petro Venter moet gevind word om die hondjies te vind. My skoondogter bel C&F, maar natuurlik werk sy nie daar nie. Sy sou my Toypoms voor C&F in ontvangs geneem het. Het een van hulle mense haar dalk gesien? Vir haar en die dogtertjie. Ja! Hulle ook ‘n huis uitwys waar sy vermoedelik bly.



Teen daardie tyd het Annamart hulp van werkers by ‘n bottelstoor en ‘n kennis van die hondjiedief. Hulle spoor vir Petro op en dis net hier waar my flegmatiese suster heeltemal bevoeterd word toe sy hoor dat die hondjies al klaar verkoop is. Duisende rande onder hulle waarde. Petro wil eers nie sê waar die hondjies is nie, maar Annamart praat haar in geen onsekere taal aan nie. Klein Annamart sweer haar ma het aan die tannie geklap, maar dit ontken my sus ten sterkste. Hulle laai haar in die motor en sy moet die nuwe eienaars se huise gaan uitwys.



Die hondjie is deur studente in Universitas gekoop. Hulle is nie baie geneë om hulle winskopie (R100) terug te gee nie, maar Annamart het reeds ‘n saaknommer by die polisie gekry en dreig hulle met ontvangs van gesteelde goedere. Die hondjie wat hulle oorhandig is Jessica. Annamart huil so dat sy skaars sien om na die volgende huis te ry in Wilgehof. Sy kry altwee haar hondjies daar terug sonder slag of stoot.



Dit was die einde nie gewees nie, want ‘n volgende verkoper word ook ingeloop en toe Petro sien dat hulle warm op haar spoor is, verdrink sy die hondjies en begrawe die getuienis. Sy loop nog in rond. Skynbaar is hondjiediefstal dan nie so ‘n groot misdaad nie.



Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now