maankind's Blog
My lewe het baie draaie geloop in vele beroepe, maar uiteindelik het ek my hartshuis gekry. Ek bedryf 'n gastehuis in Kleinmond en teken prentjies met 'n stokkie op die strand wat dan waar word. Ek het my lewe lank gewerk, nou speel ek - met verf en kwaste, maar veral met woorde.
Trisa Hugo
Posts: 154
Die geweer se loop is lank
Loop hy alweer rond?
Loop speel, kinders
Die rivier se loop kronkel deur die landskap
Die kind loop weg om te gaan trou in Reno
En dan loop ek nou kombuis toe om te kook
Kies 'n woord en maak sinne!
- from the topic: Meer as een betekenis van 'n woord - LOOP
Meer as een betekenis van 'n woord - STOF
August 15, 2009 by maankind
Stof is jy en tot stof sal jy...
Nou hier is lekker stof vir 'n storie!
Dis goeie stof waarvan die gordyne gemaak is
Die stof lê weer dik oor my meubels
Ek stof jou boude vir jou af as jy nie NOU stilsit nie!
Sy stof haar suster uit met die rapport
Re: Lesings oor simboliek in die letterkunde beskikbaar
June 10, 2009 by maankind
Ek het dit vir jou op my blog ook gaan sit.
My allergunsteling Afrikaanse aanhaling
April 24, 2009 by maankind
Vader God, U ken my naam, my binnegoed en buitestaan. My grootpraat en my klein verdriet, my vashou aan als wat verskiet. (Amanda Strydom)
Community Announcement from maankind
April 24, 2009 by maankind
Goeie dag aan al die getroue lede van Pennestreke, asook 'n baie hartlike welkom aan al die nuwes.
Dit is nou al 'n rukkie wat die nuusbriewe en privaat boodskappe weens die opgraderings aan die stelsel nie kon uitgaan nie.
Ek het pas die goeie nuus van Lefora gekry dat hulle nuwe 'Mail Server' nou op die lug is, en dat kommunikasie weer moontlik is deur middel van 'n nuusbrief aan lede. Soos in die verlede, sal julle nie oorval word met onnodige nuusbriewe nie, maar dit is tog nuttig wanneer daar iets opwindends of interessant gebeur, soos die nuwe Kategorie vir Gunsteling Aanhalings in Afrikaans.
Daar is ook 'n baie interessante skakel op vir mense wat graag hulle skryfwerk wil publiseer. Met die winter op hande, kan ek net sien hoe ons almal weer ons potlode gaan skerpmaak. Wintertyd kan baie kreatief wees om daardie stories wat binne-in jou stoei om uit te kom, die lig te laat sien.
Groetnis op hierdie lieflike herfsdag!
Trisa Hugo
Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se jaarlikse skryfwedstryd
April 10, 2009 by maankind
Voornemende skrywers sal moet opskud om R12 000 los te skryf in die jaarlikse landwye skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV). Vorige wenners van die BSV-skryfwedstryd is deesdae bekroonde skrywers, soos Carina Diedericks-Hugo, Fanie Viljoen en Jaco Jacobs. Die sluitingsdatum is Vrydag 15 Mei.
Die
wedstryd word spesiaal gereël vir volwassenes en hoërskoolleerlinge wat
nog nie voorheen kortprosa teen vergoeding gepubliseer het nie, sowel
as diegene wat wel al voorheen teen vergoeding gepubliseer het.
Deelnemers moet een of meer oorspronklike opstelle, vertellings, kort
kortverhale, kortverhale of gedigte in Afrikaans oor voorgeskrewe,
interessante onderwerpe indien. Inskrywings word anoniem beoordeel.
Benewens
geldpryse is daar ook vier wisseltrofeë vir skole op die spel. Boonop
wen die skool wat die meeste inskrywings instuur, R1 000. Daar is vier
afdelings: drie prosa-afdelings en een poësie-afdeling. Afdeling A is
vir leerlinge (juniors: gr. 8 tot gr. 9) en (seniors: gr. 10 tot gr.
12), Afdeling B behels prosa vir volwasse skrywers wat nog nie voorheen
gepubliseer het nie. Afdeling C is ’n ope afdeling vir skrywers wat wel
al voorheen kortprosa teen vergoeding gepubliseer het. Afdeling D is ’n
poësie-afdeling vir gepubliseerde en ongepubli seerde deelnemers.
Leerlinge
wat aan Afdeling A deelneem, moet kortprosa van hoogstens 1 000 woorde
voorlê; volwassenes wat aan die wedstryd deelneem se kortprosa mag
hoogstens 2 500 woorde lank wees, en digters word beperk tot gedigte
van hoogstens 40 versreëls lank.
Daar is aantreklike
geldpryse in elke afdeling, asook ’n aanmoedigingsprys (ook ’n
geldprys) in Afdeling A vir ’n deelnemer wie se moedertaal nie
Afrikaans is nie.
Boonop kan wenners van alle pryse ’n
slypskool vir ontluikende skrywers wat die BSV in Augustus aanbied,
gratis bywoon. Al die bekroonde inskrywings sal in Inkvars 2009, ’n
huishoudelike publikasie van die BSV, gepubliseer word. Daar is ook
publikasiemoontlikhede vir wenverhale in die glanstydskrif Passi.
Die
wedstryd word met die steun van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige
Museum en Navorsingsentrum (Naln) in Bloemfontein geadministreer. Die
wedstryd word sedert 1989 landwyd aangebied en het sedertdien gegroei
tot die grootste in sy soort in die land. Alle inskrywings moet van ’n
voorgeskrewe inskryfvorm vergesel wees. Bel mev. Christa Jordaan by
051-522-9155 of mnr. Kassie Joubert by 082-200-4340 om die vorm,
wedstrydreëls en onderwerpe te bekom. Of kry dit by bloemsv@yahoo.com.
Re: waarheid
April 10, 2009 by maankind
Wat 'n wonderlike plek om in te wees. Jy is in jou hart, en in jou siel.
En dit geld vir jou bidkamer ook. Wat 'n plek.
Re: Gunsteling aanhalings
April 10, 2009 by maankind
Dit klink na 'n oulike idee. Ek hetsal 'n nuwe afdeling geskep daarvoor. Dankie Zebrakolle! Dan kan mense weet waar om na toepaslike aanhalings te kom soek.
Gaan sit asseblief hierdie aanhalings daar op?
Let's make love
March 2, 2009 by maankind
Kom ons Lieflaf
Sê dit vir jouself oor en oor en voor jy weet is jy gewoond daaraan.
Dink bv aan die woord TAFEL. Op watter manier is dit beskrywend? Waarom kan ons nie LIEFLAF nie?
Wanneer laas het jy gelieflaf?
Re: sarkofaag
February 8, 2009 by maankind
Abrham, jy het regtig die vermoë om daardie universele menslike binneseer uit te skryf
Community Announcement from maankind
January 16, 2009 by maankind
*** Goeie nuus op hierdie Vrydagaand! ***
Lefora het seker my vloekery aangehoor oor die simpel blokkie waarin mens so sukkel om jou teks te formateer, en hulle het 'n nuwe een daargestel. Jy hoef nou nie meer heen en weer te sukkel met teks en grafika nie, as jy nou 'n inskrywing doen, is alles netjies in een blokkie. Ons gesukkel is op 'n einde. (Is jy bly, Flekkie?)
Vir die nuwe lede - Welkom, welkom. Onthou, jy kan nie Reply op hierdie boodskap nie, as jy wil antwoord, doen dit op die forum, of stuur epos aan trisa@icon.co.za
Laataand Groete!
Trisa Hugo
Kursus in kreatiewe skryfwerk
January 8, 2009 by maankind
"UNLEASH YOUR INNER WRITER" COURSE WITH RAYDA JACOBS
Learn how to enrich your writing by using right brain techniques, word clustering, creating music in words, and much more. Course runs over three Saturdays from 13h00 to 15h30. REGISTER now to secure a place for the next session.
Contact Rayda on confessions@intekom.co.za or 021 683 7392
Re: skryfkursus in frankryk
January 6, 2009 by maankind
Genade, maar dit klink lekker! Gaan jy, Abrham?
Re: kastele met stukkende stene
January 4, 2009 by maankind
Pleister hulle, dan lyk dit immers heel.
Re: uhm...help asseblief???
January 2, 2009 by maankind
Flekkie, dis doodmaklik, jy moet net seker maak dat jy ingeteken is, dan kliek jy net op Reply, of kyk heel onder op die betrokke bladsy, en tik jou kommentaar in die wit blok in. Kliek dan op Submit.
En natuurlik kan jy jou Engelse werk opsit. En welkom!
Community Announcement from maankind
December 12, 2008 by maankind
Meeste van julle se werksjaar het alreeds tot 'n einde gekom, of die vakansie begin vandag. Synde hoe, in elke persoon se lewe is Desember anders as ander maande, op een of ander manier.
Geniet jou Desember op 'n manier wat vir JOU lekker en goed is. Maar moet nou net nie dink julle hoef nie verder deel te neem aan die Forums vir die res van die jaar nie...
Desember is ook by uitstek die maand wat mense die meeste lees! Geniet dit, en kom vertel ons daarvan. Of skryf self 'n plesierige stukkie, en kom sit dit op Pennestreke.
Onthou jy kan nie Reply op hierdie boodskap nie, antwoord op die forum, of stuur epos aan trisa@icon.co.za
Groetnis uit 'n sonnige Kleinmond, waar ons vakansieweer het!
Trisa Hugo
Re: sarkofaag
November 29, 2008 by maankind
pietie burgerPietie Burger val.
-abrham
En so min mense verstaan Pietie se val. En vir almal is dit erg, maar vir Pietie wat gewoonlik met 'n nat broek moet terugloop, is daardie broek die ergste, want mense kan die nat op sy broek sien, en hy sien dat hulle sien. Toe hy geval het, het hy nie gesien dat hulle sien nie.
Re: Meer as een betekenis van 'n woord - LOOP
November 19, 2008 by maankind
Ons moet vroeg roer (aan die gang kom)
Roer daardie deeg tot goed gemeng (meng)
Daar roer die voëltjie sy stertvere (beweeg)
Die boer gryp sy roer (geweer)
Partykeer roer jy sommer my koer (niksseggend)
Ons taal lewe!
Re: Kom skryf 'n Limerick
October 23, 2008 by maankind
Wat sy nie weet nie is MaanKind loop rond in die boorde
Aan skryf kom sy nie
Wat se storie is dit die
Dat sy weet om ander te vertel van hulle akkoorde
Re: Kom skryf 'n Limerick
October 22, 2008 by maankind
Oor wat is die mense oor 'n Limerick begaan
Sy sê die eiertjies is vrot
Maar dit gaan haar nie stop
Om ook haar vingers oor die keyboard te laat gaan
Re: Kom skryf 'n Limerick
October 21, 2008 by maankind
Is maar een van 'n hele klomp leke
Sy kruip uit haar dop
En neem haar pen op
Om haar eerste Limerick te skryf in weke